)

Gholf – PRG Wen 2022 Nasionale Hoërskole Gholfkampioenskap

Gholf. Paul Roos Gimnasium van Stellenbosch se gholf span, is op 2 Augustus as die wenners van die nasionale Hoërskole gholf kampioenskap aangewys. Die kampioenskap het by Humewood Gholfklub in Gqeberha plaasgevind. Twee-en-twintig top skolespanne van regoor Suid-Afrika het aan die toernooi deelgeneem. Elke skoolspan het uit vier spelers bestaan. Die drie beste brutotellings van elke span is vir elkeen van die twee 18 gate rondtes waarin hulle gespeel het, in aanmerking geneem.

Na dag 1 se 18 gate rondte was Paul Roos met ‘n skamele 2 houe voor McKinlay Reid van George. Danksy goeie gholf weer is daar op dag 2 uitstekende tellings aangeteken. Aan die voorpunt vir PRG was kaptein Jack Brugman (2022 se WP Junior Houespelkampioen) met ‘n uitstekende 69 (-3). Saam met Jack was sy spanmaat Andries van der Vyver 69 (-3). Andries se tweeling broer, Nicolas, het ook uitstekende gholf gelewer en self 71 (-1) houe gespeel. Gerard Hartman kon ongelukkig nie een telling van 74 (+2) verbeter nie en het ‘n 78 (+6) gespeel. 

Hierdie puik gekombineerde tellings van die top 3 PRG skoliere (-7) vir dag 2 het Paul Roos buite bereik van hulle opponente geplaas. Dit het hulle gemaklik met 5 houe laat seëvier teen die naaswenners. Hierdie manne was ook ‘n verstommende 14 houe beter as die span wat derde geëindig het.

Die nasionale titel is, sover bekend,  die eerste sodanige titel vir Paul Roos Gimnasium. Dit is ook die eerste keer in die roemryke anale van die SA Hoërskoletoernooi dat ‘n wenspan se gesamentlike tellings vir die twee rondtes onder baansyfer was (-3). Andries van der Vyver het ook die individuele titel gedeel met Devon Valentine van Grey High op (-5).

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://paulroos.co.za/

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal