Gholf Kampioenskap. Tiaan Louw, leerder van Primêre Skool Fichardtpark in Bloemfontein, het aan die Bloemfontein Gholfklub se jaarlikse Kampioenskapstoernooi in die B-afdeling deelgeneem. In hierdie kampioenskap neem kinders en volwassenes teen mekaar deel. Dit was die eerste keer dat Tiaan 36 gate speel en dÃt boonop van die wit setperk af! Hy behaal ook die beste bruto-totaal van almal in sy afdeling.
Tiaan is ook aangewys as wenner van die B-afdeling en is ook die jongste speler in die klub se geskiedenis om die B-afdeling te wen!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf