Gevegkuns. Bredasdorp Vegkunstenaars blink nasionaal uit.
Hoërskool Bredasdorp spog met trots met twee buitengewone jong gevegkuns atlete. Hulle is lid van die Bredasdorp Zensukai Mixed Martial Arts Academy. Die atlete het onlangs die geleentheid gehad om hulle talente op nasionale vlak te meet.
Op Saterdag 14 en Sondag 15 Junie het Javen Hansen (graad 11) en Tiaan Scheepers (graad 10) as trotse verteenwoordigers van die Wes-Kaap aan die MASA Nasionale Kampioenskappe in Pretoria deelgeneem. Hierdie landswye byeenkoms het meer as 500 deelnemers van 23 verskillende klubs gelok. Dit was ‘n ware toets van Javen en Tiaan se vaardigheid en deursettingsvermoë.
Die twee jong vegters het nie net die mas op gekom nie—hulle het skitterend gevaar:
Javen Hansen
- 1ste plek in Kata (16–17 jaar, swart gordel)
- 3de plek in Kumite (16–17 jaar, swart gordel)
Tiaan Scheepers
- 2de plek in Kumite (13–15 jaar, swart gordel)
- 4de plek in Kata (13–15 jaar, swart gordel)
Vir beide Javen en Tiaan was dit ’n uitsonderlike belewenis om teen van die land se bestes mee te ding. Dit was ’n ervaring wat hulle ongetwyfeld vir die res van hul sportloopbane sal inspireer.
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








