Gert Sibande Gholfliga. Hoërskool Ermelo se gholfspanne het in 2023 ‘n uitsonderlike gholfseisoen beleef. Die Erries se A- en B-spanne eindig albei tweede in die Gert Sibande-liga en dring deur na die Mpumalanga-uitspele.
Die A-liga se finaal het by die Mbombela Gholfklub plaasgevind en die Erries se A-span behaal ‘n vyfde plek. Die B-liga finaal het op sy beurt by die Middelburg Buiteklub plaasgevind en die Erries eindig sewende. Beide hierdie spanne eindig die finale rondtes as die beste span vanuit die Gert Sibande-distrik.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf