)

FNB Kunsuitstalling – Erries woon uitstalling by

FNB Kunsuitstalling. Hoërskool Ermelo se graad 10- en 11-kunsleerders het 8 September op hul jaarlikse kunsuitstappie na die FNB kunsuitstalling in Sandton gegaan.

Leerders het die Madiba beeld deur Kobus Hattingh en ander beeldhouwerke van Anton Smith besigtig. Hulle het ook die Artyli Kontemporêre kunsgalery in Sandton besoek. Daar het hulle die geleentheid gehad om ’n versameling van Kontemporêre kuns van bekende vroulike kunstenaars te besigtig. Die uitstalling, “HERstory”, is ’n groep-uitstalling van 18 vroulike kunstenaars ter viering van vrouemaand.

Die Erries het daarna die FNB kunsuitstalling besoek wat bekend staan as Afrika se beste Kontemporêre kunsuitstalling. Die leerders is hier blootgestel aan verskeie mediums, temas en tegnieke. Uitstallers en gallerye soos die Goodman galery, ArtThrob, David Krut projekte, MOMO galery en vele meer vanuit Afrika, Kaapstad, London en New York se werke is hier uitgestal.

Die leerders het vol inspirasie teruggekeer. Hierdie uitstappie is ’n voorreg wat die kunsleerders geniet en dit verdiep hulle kuns, denkwyse en kreatiwiteit. Hulle ondervind ook die kunswêreld en dit laat hulle anders dink, probleme oplos en met kreatiewe oë na die wêreld om hulle kyk.

Meer skolenuus: https://https://schoolsthatrock.co.za

https://erries.co.za

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal