SA Opkomende Vrouekrieket. Miané Smit, ’n veelsydige krieketspeler van Hoër Meisieskool Oranje, is weer vir die SA Opkomende Vrouekrieket span gekies.
Hulle speel aanstaande Donderdag teen Nieu-Seeland in Benoni. Die volgende oggend wag daar boonop ’n Rekeningkunde-vraestel in die rekordeksamen op Miané. Dié hoofmeisie van Oranje het reeds verlede jaar dié span (basies Suid-Afrika se naasbestes) gehaal en het toe in ’n wedstryd teen Zimbabwe 3/23 platgetrek. Sy het ook 45 lopies (van 30 balle) gemoker.
Miané was ook aan die begin van die jaar ’n lid van die SA o.19-span in die T20-Wêreldbeker.
SA Emerging Women’s Cricket. Miané Smit, a versatile cricketer from Hoër Meisieskool Oranje, was again selected for the SA Emerging Women’s Cricket team.
They play against New Zealand in Benoni next Thursday. Moreover, the next morning, an Accounting paper in the record examination awaits Miané. This head girl from Oranje made the team (basically South Africa’s second-best) last year and then went down 3/23 in a match against Zimbabwe. She also smacked 45 runs (off 30 balls).
Miané was also a member of the SA u19 team in the T20 World Cup at the beginning of the year.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf