Gerrie Berner-toernooi. Hoër Meisieskool Oranje van Bloemfontein is ‘n tweede jaar agtereenvolgens die kampioen van die Gerrie Berner-toernooi.
Die 1ste span het Hoër Meisieskool Bloemhof van Stellenbosch Saterdag met 4-0 in die eindstryd in die Paarl geklop. Oranje het al die oorwinnings behaal sonder om ‘n wedstryd in die enkelspel of dubbels af te staan. Hulle wen 7-0 teen Hoërskool Menlopark en Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria en 4-0 teen Rhenish Girls’ High School van Stellenbosch in die halfeindstryd.
Dit is die sesde keer in elf jaar wat Oranje koning kraai by die Gerrie Berner-toernooi waar twaalf van die land se voorste tennisspanne in aksie was.
Wat die prestasie meer merkwaardig maak, is dat Oranje oor ‘n baie jong span beskik. Twee van hul spelers, Nina Schimper en Mia Schimper is graad 11’s. Drie is in graad 10, Iné Vorster, Ansoné Theron en Donna le Roux. Nestine van Rooyen is in graad 9 en Cara le Grange is in graad 8.
Gerrie Berner Tournament
Hoër Meisieskool Oranje of Bloemfontein is the champion of the Gerrie Berner tournament for a second year in a row.
The 1st team beat Hoër Meisieskool Bloemhof of Stellenbosch 4-0 in the final in Paarl on Saturday. Oranje had all the wins without conceding a match in the singles or doubles. They won 7-0 against MenloPark High School and Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria and 4-0 against Rhenish Girls’ High School of Stellenbosch in the semi-finals.
This is the sixth time in eleven years that Oranje has reigned supreme at the Gerrie Berner Tournament where twelve of the country’s top tennis teams have been in action.
What makes the achievement more remarkable is that Oranje has a very young team. Two of their players, Nina Schimper and Mia Schimper are Grade 11s. Three are in Grade 10, Iné Vorster, Ansoné Theron and Donna le Roux. Nestine van Rooyen is in Grade 9 and Cara le Grange is in Grade 8.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf