Gerrie Berner Tennistoernooi. Die eerste tennisspan van Paul Roos Gimnasium, Stellenbosch, is weer gekroon as die kampioen van die Zest Fruit Gerrie Berner Tennistoernooi.
Die span het Sondag die toernooi, wat die 19de keer deur PRG hier op Stellenbosch aangebied is, vir die 14de keer gewen! Paul Roos Gimnasium se 1ste span spanlede is Willem de Waal, Pieter Kotze, Xander Pienaar, Divan Prinsloo, Hanno Bouwer, Sebastian Oosthuizen en Simeon Roothman. Paul Roos Gimnasium het Westville Boys’ High School met 5 – 2 in die finaal geklop.
Die finale uitslag na die toernooi was:
1. Paul Roos Gimnasium
2. Westville Boys’ High
3. Paarl Boishaai
4. Grey College
5. Waterkloof
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf