)

Gerhardus Bosch – Tree af na 21 jaar by Hoër Meisieskool Oranje

Gerhardus Bosch. Gerhardus Bosch gaan die dogters die meeste mis by OMS. Dit is wat mnr. Gerhardus Bosch heel eerste antwoord op die vraag wat hy van die onderwys gaan mis. Hy tree ná 21 jaar by Oranje af.

Tweede op sy lysie is sy vak, Lewenswetenskap (Biologie). “Dan ook die samesyn met vriende en kollegas, al die interskoles, die kuiers en pretgeleenthede saam met die personeel,” sê hy. Volgens hom was daar vele hoogtepunte. “Om vir 21 jaar by Oranje te kon skoolhou. Om myself as ’n mens in my lieflingvak asook by die skool te kon uitleef. “Dit was ’n besondere voorreg om met die dogters van Oranje te kon werk. Om die skool se herinneringe fotografies vas te vang en om my kreatiwiteit in die jaarblaaie uit te leef,” sê hy oor die ander hoogtepunte.

Mnr. Bosch, of sommer net Gerrie onder sy vriende en kollegas, was bekend vir sy baie gees, dasse (sy versameling is 470 sterk), baadjies en hoede en vir die kamera om die nek. Hy was die skool se fotograaf en redakteur van die jaarblad. Die lysie van dinge wat hy nie gaan mis as onderwyser nie, is kort. Merkwerk, verpligte dra van ’n masker en laataande en vroegoggende se werk. Hy moes soggens tyd inruim vir die sowat 60km se ry vanaf Brandfort waar woon.

Mnr. Bosch sê hy beplan om steeds besig te bly met tuinwerk, te spesialiseer in kreatiewe tuintoevoegings, fotografie, kuiergeleenthede, om ou vriendskapsbande te hernu en familiebande te smee. “Ek sien uit na betrokkenheid by kerk- en gemeenskapsprojekte, om meer aandag en liefde aan my twee wors-hondekinders te gee, vakansie- en rondrytyd wanneer dit my pas, gereelde oefening deur fietsry en om gereelde sonsondergang-skemerkelkies te geniet.”

Foto’s verskaf

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://oranjemeisies.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal