Gauteng-Noord Golfkampioenskappe. Hoërskool Montana is trots om te deel dat Zanike Wium, ’n graad 10-leerder, op Sondag 22 Februarie 2026 by die Pretoria Country Club aan die Gauteng-Noord-gholfkampioenskappe deelgeneem het. Zanike het ook die dogters-afdeling gewen!
Dit is ’n uitsonderlike prestasie wat wys wat moontlik is wanneer talent, harde werk en deursettingsvermoë saamkom. Wen gebeur nie toevallig nie: dit is die resultaat van ure se oefening op die baan, kalmte onder druk en ’n vasberadenheid om altyd beter te wees.
Zanike, jy dra die Montie-naam met trots en inspirasie. Baie geluk met hierdie merkwaardige oorwinning – jy is ’n ware rolmodel vir jou skool en span!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








