Gauteng Dogters Krieketspanne. Linden skitter op die krieketveld! 🏏
Hoërskool Linden in Gauteng is ongelooflik trots op vier uitmuntende Lindeniete wat hul plek in die Gauteng-provinsiale krieketspanne losgeslaan het! Hierdie talentvolle krieketspelers het hul staal gewys en verdien om hul skool en provinsie te verteenwoordig:
- Miané Oosthuyzen – o.15 Geelspan
- Jeanri van Schalkwyk – o.15 Blouspan
- Livia de Jager – o.19A “Non-traveling Reserve”
- Tyler Mncube – o.15 Groenspan
Linden is uiters trots op julle harde werk, toewyding en sportmanskap. Julle is ware ambassadeurs van Linden se gees en trots.
Welgedaan, kampioene! 🎉
Lees meer uitstekende skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








