Gauteng Atletiek Kampioenskappe. Vyf van Hoërskool Die Wilgers in Pretoria se atlete het vanjaar aan die Gauteng Atletiek Kampioenskappe deelgeneem.
Jean-Jacques Ellis word na dié kampioenskappe in die Gautengspan vir beide 0.15-Verspring en 0.15-Driesprong opgeneem. Hy sal vanaf 3 tot 6 April by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe, Dal Josafat Stadion, in Paarl in aksie wees.
Jean-Jacques, wat nog 0/14 is, wen die 0/15-Verspring met ‘n afstand van 6.50m, asook die 0/15-Driesprong met ‘n afstand van 12.32m.
Hoërskool Die Wilgers se atlete:
- Jean-Jacques Ellis: 0.15-Verspring en 0.15-Driesprong
- Caramia Nagel: 0.19 400m
- Alex de Vries: 0.15-Diskus
- Liané Chomse: ./19 400m Hekkies
- Calvin Mostert: 0.19-Hoogspring
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf