Freestyle Chess Grand Slam. 🏆 Skaaksensasie by Hoërskool Jan van Riebeeck!
Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad het ‘n goeie rede om te bruis van trots! Jan Karsten van Hoërskool Jan van Riebeeck, het die wêreld verstom toe hy hierdie week die Noorse skaakgrootmeester Magnus Carlsen – tydens die Freestyle Chess Grand Slam geklop het. Carlsen is tans die wêreld se nommer een skaakspeler.
Met hierdie ongelooflike oorwinning het Jan nie net nasionale nie, maar ook internasionale opslae gemaak. Hy is tans die naasbeste skaakspeler in Suid-Afrika én beklee die 11de plek op die Afrika-ranglys – ’n prestasie wat hom in die voorste lig van die kontinent plaas.
Wat hierdie triomf nóg meer besonders maak, is dat Jan, ten spyte van sy indrukwekkende talent, bekend staan as ’n beskeie en nederige leerder. Hy is ’n ware rolmodel vir sy skool, sy stad en sy land.
“Ons Jan van Riebeecker het gewys dat harde werk, toewyding en passie grense kan oorsteek. Die hele Jan van Riebeeck-gemeenskap is ongelooflik trots op hom!“
Lees meer uitstaande nuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor









