Freestate Farmskills kompetisie. Hoërskool Bothaville het deelgeneem aan die Freestate Farmskills kompetisie wat aangebied is by Hoërskool Trio vanaf 28 tot 30 Augustus.
Die sweisspan het bestaan uit CH Steenkamp, Rouxan Fouche en Jano Coetzee. Die span het ‘n silwer medalje verower deur tweede te eindig uit vyftien skole. Wat die prestasie besonders maak is dat hierdrie drie manne nog in graad 8 is die vanjaar.
George Beyers en Leana Swanepoel het deelgeneem aan die trekker bestuur kompetisie en hulself goed van hul taak gekwyt.
Megan Potgieter en Anri Venter het deelgeneem aan die skaap hantering kompetisie en het waardevolle ondervinding opgedoen.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








