Free State Closed Skaakkampioenskappe. ♟️ Skaakster skitter op provinsiale verhoog!
Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein is trots op een van sy skaak-uitblinkers, HJ de Villiers. HJ het op 15 en 16 Augustus aan die Free State Closed Skaakkampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem het. In ’n toernooi wat die beste jong skaakmeesters van die streek saamgebring het, het HJ met uitsonderlike fokus en strategie die eerste plek in die o.16 Ope-afdeling verower.
Hierdie prestasie getuig van harde werk, toewyding en ’n skerpsinnige verstand — eienskappe wat HJ nie net op die skaakbord demonstreer nie, maar ook in die klaskamer. Hoërskool Jim Fouché vier hierdie merkwaardige oorwinning en sien uit na nog vele triomfe in sy skaakloopbaan.
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








