Fraserburg Logan Toneelfees. Oranje se verhoogstuk “Vry” het bykans skoonskip op die Fraserburg Logan-toneelfees gemaak waar 42 produksies op die planke was.
Die stuk, geskryf deur Pieter Odendaal en geregisseer deur me. Chanmari Erasmus, het ‘n week vantevore op die FAK Allegretto-toneelfees in Springs ook wye erkenning geniet.
- Beste produksie – goud
- Beste kreatiewe gebruik van Afrikaans – goud
- Beste regie > Chanmari Erasmus – goud
- Beste senior aktrise > Ancois Bodenstein – goud
- Naasbeste senior aktrise > Jenna van den Berg – silwer
- Naasbeste vroulike byspeler > Dominique du Plessis – silwer
Goue toekennings is ook vir al die aspekte, waaronder klank, beligting en ensemble, ontvang.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf