Fluitspeler – Dalene Fourie, ’n graad 10-leerder van Hoër Meisieskool Oranje, het die eerste week van Maart 2026 met ’n melodie van sukses afgesluit. Sy het nie net die houtblaser-afdeling vir senior leerders by die Hoërskool Fichardtpark-musiekkompetisie gewen nie. Sy het ook haar fluitspelertalent op ’n nasionale verhoog laat hoor.
Kort ná haar oorwinning het Dalene Johannesburg toe gereis vir ’n meesterklas by die wêreldbekende fluitspeler Cobus du Toit. Uit ’n verstommende 246 inskrywings was sy een van slegs drie jong musikante wat ná ’n streng aanlyn-oudisie gekies is. Dit is ’n bewys van haar uitsonderlike vaardigheid en toewyding.
En asof dit nie genoeg is nie, het Dalene reeds einde verlede jaar die kollig gedeel met die Johannesburg Simfonieorkes. Daar het sy as solis tydens die jeugconcertofees opgetree het. Hierdie ervaring het haar nie net ’n groter gehoor besorg nie, maar ook ’n blik op die professionele wêreld van klassieke musiek gegee.
Met sulke hoogtepunte in haar jong loopbaan, is dit duidelik dat Dalene se fluitspel nog baie harte gaan raak. Oranje kan met reg trots wees op hierdie talentvolle leerder wat die skool se naam met elke noot verder uitdra.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








