
Finale B-liga swemgala. Die swemspan van Hoërskool Swartland het op 27 Februarie aan die finale B-liga swemgala te La Rochelle Girls’ High School, in die Paarl deelgeneem. Hiermee het Hoërskool Swartland se swemmers die seisoen se liga-galas op ‘n hoogtepunt afgesluit.
Sewe skole aan die gala deelgeneem.
Swartland se swemmers wat 1ste plekke behaal het:
- Elmé Grobbelaar
- Lelani Buhr
- Steph Lesch
- Lungiswa Grootboom
- Emsie Brand
- Jessie-Holand Müter
- 7 aflosspanne
Ten spyte daarvan dat heelwat van die skool se top swemmers nie beskikbaar was vir hierdie gala nie, eindig Swartland se dogters in die eerste plek en die seuns tweede. Gesamentlik wen Hoërskool Swartland die gala oortuigend met 1700 punte teenoor die tweede en derde skole se onderskeidelike 1574 punte en 926 punte.
Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor