)

Fietsryer van Ligron Akademie vir Tegnologie, staan vir niks terug nie

Jooste Coetzee, ‘n leerling by Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo het gedurende Februarie-maand aan verskeie fietswedrenne deelgeneem en goeie prestasies behaal.

Jooste het op Saterdag, 3 Februarie 2018 aan die Mopani #1 wedren deelgeneem wat in Nelspruit plaasgevind het.  Hy het aan die 25km deelgeneem en die o/14-divisie gewen en ook algeheel derde in die ope-kategorie geëindig.  Op Saterdag, 10 Februarie 2018, het Jooste aan die Gauteng XCO Friendly wedren deelgeneem wat by die Voortrekker Monument in Pretoria aangebied was.  Jooste het hier as die wenner van die o/14-divisie weggestap.  Tydens die Hakahana Eduro #1 Provincials wedren wat op Sondag, 17 Februarie in Pretoria plaasgevind het, het Jooste die o/14-divisie gewen.  Dit was ook die eerste keer wat hy in ‘n Enduro deelgeneem het.

Tydens die naweek van 24 Februarie 2018, het Jooste aan die Gauteng XCO Cup Championship deelgeneem wat by die Voortrekker Monument in Pretoria aangebied was.  Nadat Jooste van ‘n lelike val herstel het, kon hy daarin slaag om die wedren te voltooi en het die derde plek ingeneem.

Jooste het op Saterdag, 3 Maart 2018, aan die Mopani #2 deelgeneem wat in Witrivier plaasgevind het.  Hy het aan die 25km wedren deelgeneem en het die eerste plek beklee in die o/14-divisie, asook die algehele tweede plek in die ope-kategorie.  Baie geluk met hierdie pragtige prestasies Jooste.

Liggies is voorwaar trots op jou!!!

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal