Jooste Coetzee, ‘n leerling by Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo het gedurende Februarie-maand aan verskeie fietswedrenne deelgeneem en goeie prestasies behaal.
Jooste het op Saterdag, 3 Februarie 2018 aan die Mopani #1 wedren deelgeneem wat in Nelspruit plaasgevind het. Hy het aan die 25km deelgeneem en die o/14-divisie gewen en ook algeheel derde in die ope-kategorie geëindig. Op Saterdag, 10 Februarie 2018, het Jooste aan die Gauteng XCO Friendly wedren deelgeneem wat by die Voortrekker Monument in Pretoria aangebied was. Jooste het hier as die wenner van die o/14-divisie weggestap. Tydens die Hakahana Eduro #1 Provincials wedren wat op Sondag, 17 Februarie in Pretoria plaasgevind het, het Jooste die o/14-divisie gewen. Dit was ook die eerste keer wat hy in ‘n Enduro deelgeneem het.
Tydens die naweek van 24 Februarie 2018, het Jooste aan die Gauteng XCO Cup Championship deelgeneem wat by die Voortrekker Monument in Pretoria aangebied was. Nadat Jooste van ‘n lelike val herstel het, kon hy daarin slaag om die wedren te voltooi en het die derde plek ingeneem.
Jooste het op Saterdag, 3 Maart 2018, aan die Mopani #2 deelgeneem wat in Witrivier plaasgevind het. Hy het aan die 25km wedren deelgeneem en het die eerste plek beklee in die o/14-divisie, asook die algehele tweede plek in die ope-kategorie. Baie geluk met hierdie pragtige prestasies Jooste.
Liggies is voorwaar trots op jou!!!