Fietsry. Die tweede Hardware Mecca Free State Schools fietsresies was ‘n reuse sukses. Die nuwe fietsry baan by BVHS wat aan die bokant van die C-rugbyveld gebou is het die deelnemers uitgedaag, maar die BVHS manne het hulle goed van hulle taak gekwyt!
Janno Kriel was 1ste in die Sub-Jnr Boys afdeling en Keanu Kennedy 2de. In die Youth Men afdeling was Hendré Bester 7de, Enrico Kennedy 8ste en Christiaan de Wet 13de.
Die aflosse het vir groot opwinding gesorg en Bethlehem Voortrekker Hoërskool het ‘n 3de plek behaal. BVHS bedank Corné Kriel en sy span vir die bou en ontwerp van die baan.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf