Fichies Stranddag. ‘n Dag propvol pret en plesier – dit is wat dié jaar se Fichies Stranddag vir die leerders van Hoërskool Fichardtpark gebied het. Die hele skool, van graad 8 tot 12, was deel van hierdie pretdag op Vrydag, 15 Oktober.
Die leerderraad en betrokke onderwysers het die Fichies Stranddag georganiseer. Daar was lekker aktiwiteite soos, vlugbal, watergeweer-geveg, ‘ultimate frisbee’, sandkasteel bou en nog vele meer. Die leerders het ook geleentheid gehad om lekker te baljaar na hartelus op die waterwurms.
Daar was ook ‘n strandbal-afloskompetisie tussen die personeel en die leerders. Die personeel het gewen…natuurlik!
Dankie aan die leerderraad en die personeel wat hierdie dag vir ons Fichies gereël het.
Lees meer oor Fichies: