SAWMGA Nasionale Kampioenskap. Tydens die SAWMGA (South African Western Mounted Games) se nasionale kampioenskap is Melissa Olivier, graad 9-leerder van EHS, verkies tot die SAEF (South African Equestrian Federation) junior meisiespan vir 2022. Die kampioenskap het op 3 tot 6 Oktober by die Afridome in Parys plaasgevind.
Sy en haar perd, Scooby Doo Too, is aangewys as die Nasionale Reserwe Kampioene onder die SANESA vlak 7-hoërskole ruiters. Melissa het algeheel vierde in Suid-Afrika onder die Ope Junior Ruiters geëindig.
Met haar ander perd, Bangie, eindig Melissa algeheel tiende onder die Ope Junior Ruiters en dié twee is aangewys as die Nasionale Junior Hurry Scurry-kampioene.
Baie geluk, Melissa! EHS is trots op jou!
Foto’s verskaf
Lees meer oor Hoërskool Ermelo: