)

Fichies Leerderraad 2022 – Hoërskool Fichardtpark ingehuldig

Fichies Leerderraad 2022. Op Maandag, 18 Oktober, is Hoërskool Fichardtpark se Leerderraad van 2022 tydens ‘n spoggeleentheid by die Doxa Deo-kerk, ingehuldig. 

Hierdie besondere geleentheid is ‘n trotse tradisie van Fichies. Die uittredende hoofleiers, Jandré van der Merwe en Elané Bekker, het ‘n laaste geleentheid gekry om die nuwe leerderraad toe te spreek en te motiveer.  Amy Jacobs en Dawie Botes, hoofleiers van 2022 voel bevoorreg om as leiers van hul voorkeurskool verkies te wees. Hulle is slaggereed om saam met hul span hul termyn aan te pak. 

Hierdie funksie is baie spesiaal vir die nuwe leerderraad, sowel as hul ouers. Die leerlinge onderteken hul leerderraad eed. Hul ouers teken as getuies.

Baie dankie aan die Leerderraad-voogde, mnr Conrad Pienaar en Juffrou Marinda Theron, wat hierdie funksie gereël het. 

Mnr Herman van der Merwe
Hoofdogter 2021 – Elané Bekker
Hoofseun 2021 – Jandré van der Merwe
Hoofseun 2022 – Dawie Botes
Hoofdogter 2022 – Amy Jacobs

#fichiesleerderraad #fichietrots #voorkeurskool #fichiedrome

Foto’s verskaf

Lees meer oor Fichies:

https://schoolsthatrock.co.za

https:fpark.co.za

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal