Fichies Leerderraad 2022. Op Maandag, 18 Oktober, is Hoërskool Fichardtpark se Leerderraad van 2022 tydens ‘n spoggeleentheid by die Doxa Deo-kerk, ingehuldig.
Hierdie besondere geleentheid is ‘n trotse tradisie van Fichies. Die uittredende hoofleiers, Jandré van der Merwe en Elané Bekker, het ‘n laaste geleentheid gekry om die nuwe leerderraad toe te spreek en te motiveer. Amy Jacobs en Dawie Botes, hoofleiers van 2022 voel bevoorreg om as leiers van hul voorkeurskool verkies te wees. Hulle is slaggereed om saam met hul span hul termyn aan te pak.
Hierdie funksie is baie spesiaal vir die nuwe leerderraad, sowel as hul ouers. Die leerlinge onderteken hul leerderraad eed. Hul ouers teken as getuies.
Baie dankie aan die Leerderraad-voogde, mnr Conrad Pienaar en Juffrou Marinda Theron, wat hierdie funksie gereël het.
#fichiesleerderraad #fichietrots #voorkeurskool #fichiedrome
Foto’s verskaf
Lees meer oor Fichies: