Strand Matriekafskeid. Hoërskool Strand se matriekafskeid vanjaar was beslis die hoogtepunt vir Strand se graad 12-leerders. Op 1 Oktober arriveer die leerders in styl by Laurent te Lourensford, terwyl hul ouers toekyk. Hul kinders is skielik nie meer kinders is nie. Nou is hulle ware here en dames, uitgevat in die mooiste aandrokke en aandpakke.
Die leerders kon, terwyl almal arriveer, heerlik met ‘n glasie Appletizer in die hand op die stoep kuier en smaaklike canapès geniet. Dit word geniet teen die agtergrond van die mooiste berguitsig. Nadat almal gearriveer het, het die verrigtinge amptelik begin. Met heerlike brode op die tafels kon almal rustig luister na die kort toesprake. Die Arenderaad het die dansbaan met ‘n lyndans ge-open.
Met die heerlikste hoofgereg en nagereg bedien, baie foto’s en lekker dans later, het die aand beslis te vroeg geeïndig. Dit was ‘n geleentheid vol mooi herinneringe wat hierdie graad 12-leerders vir die res van hul lewens sal koester.
‘n Aantal personeel- en beheerliggaamlede se kinders het ook deel van vanjaar se matriekgroep gevorm. Comine Pienaar se dogter Karla. Wessel Wessels se seun Ebert (hoofseun 2021). Adéle Marais se seun CJ. Tobie Basson se seun Thian. André Westraat (beheerliggaamvoorsitter) se dogter Lisa (hoofdogter 2021). Alida Kruger (voormalige voorsitter) se seun Pieter. Paul Brits (voormalige beheerliggaamslid) se seun Marais Brits.









Foto’s verskaf
Lees meer oor Hoërskool Strand:
Become a Sponsor








