Fichardtpark Sportdag. Twee van Hoër Landbouskool Marlow, Cradock, se tennisspanne het verlede Vrydag vir die eerste keer aan die Fichardtpark Sportdag deelgeneem. Die spanne het uitstekend gevaar.
Uitslae:
- Marlow se B-span wen Hoërskool Upington 16-11
- Die B-span wen Hoërskool Fichardtpark 21-6
- Wen Diamantveld B met 22-8
- Wen Hoërskool Aliwal-Noord 19-5 in die rondomtaliefase
- In die semi-finaal wen hulle Hoërskool Diamantveld
- in die finaal teen Hoërskool Sentraal B wen Marlow aldrie wedstryde en word dus as die wenners van die B- afdeling aangewys.
Die A- span het ook baie goed gevaar by die Fichardtpark Sportdag en eindig 2de in die rondomtaliefase. In die proses klop hulle Hartswater met 31-2, Fichardtpark met 21-12, Zastron met 26-7 maar verloor teen Diamantveld met 19-14. Marlow A eindig 4de nadat hul die semifinaal teen Sentraal verloor.
Beide spanne van Marlow het hul baie goed van hul taak gekwyt.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za