JKA Mpumalanga-kampioenskap. Divan Botes het vanaf Februarie aan die JKA Mpumalanga-kampioenskap deelgeneem. Hier het hy uitstekend gevaar en behaal die volgende toekennings:
- Brons vir Kata Elite
- Goud vir Kumite Elite
- Goud vir Kata
- Silwer vir Kumite
- Brons vir Unison
By die JKA Mpumalanga-kampioenskap ontvang hy Mpumalanga-kleure en word ook gekies om op 17 en 18 April aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap deel te neem in vier afdelings: twee in sy pers belt en twee in die Elite-afdeling waar hy teen bruin- en swart belde kompeteer.
Divan is ook gekies om vanaf 4 tot 7 April aan die KSA Nasionale Kampioenskap in Durban deel te neem. Hier staan hy kans om sy Protea-kleure te ontvang.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf