“Farmskills” Kompetisie. Dit is die eerste keer in Suid-Afrika dat die “Farmskills” kompetisie aangebied word. Die kompetisie is geïnisieër onder leiding van mnr EP Nel, Senior Opvoedkundige Spesialis vir landbouvakke in die Vrystaat
Twaalf skole van regoor die Vrystaat, wat landbou as ‘n studierigting aanbied, was betrokke by die kompetisie. Die kompetisie het gestrek oor drie dae en is bygewoon deur 165 leerders en 27 onderwysers. Dit het plaasgevind by Trio Boerdery.
Die “Farmskills” kompetisie het uit 13 afdelings bestaan:
- Draadspan
- Kaskar konstruksie
- Ploeg
- Trekker bestuur vaardighede
- Skaapskeer
- Woklassering
- Wol-identifikasie
- Kondisietelling en ouderdom van skape
- Ram en ooi beoordeling
- Bul en koei beoordeling
- Gras, onkruid en saad identifikasie
- Rijk Zwaan groenteverbouing
- Jeugskou
Hoërskool Trio se leerders het hul uitstekend van hul taak gekwyt en die volgende plekke behaal:
- Gras/Onkruid/Saad identifikasie: negende plek
- Draadspan: negende plek
- Trekker bestuur vaardighede: agtste plek
- Ram en ooie beoordeling: sesde plek
- Kaskar konstruksie: sesde plek
- Wol-identifikasie: vyfde plek
- Kondisietelling en ouderdom: vyfde plek
- Ploeg: de plek
- Wolklassering: tweede plek
- Bul en koei beoordeling: eerste plek
- Jeugskou: eerste plek
Hoërskool Trio het die vierde plek algeheel met die kompetisie behaal.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf