FAK-Con Spirito-skryfkompetisie. Hoërskool Ermelo is trots op die kreatiewe skryfwerk van verskeie leerders wat uitstekend presteer het in onderskeie kompetisies:
Die volgende Erries het elk ‘n derde plek verower in die FAK-Con Spirito-skryfkompetisie: Mariska van Biljon, graad 10, met haar opstel “Alles was net ‘n droom”, Zané du Plessis, graad 10, met haar opstel “Tussen mense, dog alleen” en Anke Kruger, graad 12, met haar gedig “Die geveg”. Al drie dié leerders ontvang kontantpryse.
Anke Kruger en Hugh Thompson, beide graad 12-leerders, het ingeskryf vir die FAK-ekspo se poësie-afdeling en goeie uitslae behaal: Anke behaal 82% vir haar gedig “Die dromer” en Hugh behaal 80% vir sy gedig “Wegloopkind”.
Baie geluk, Erries. Dit is mooi en besondere talent.
Lees meer oor Erries: