Mej Huis Maré gekroon. Poela Pretorius (Mej. Huis Maré 2019) van Hoërskool Nelspruit, het Donderdagaand, 16 September, die geleentheid gekry om die Mej. Huis Maré-titel te oorhandig aan haar opvolger. Hierdie spesiale geleentheid is by die kultuursentrum aangebied en die dames van Huis Maré is vermaak deur die deelnemers en ‘n spesiale optrede deur die driemanskap Neelsie van Dyk, Conrad Joubert en Thando Nkosi.
Die tien pragtige deelnemers het die loopplank trotseer in uitrustings van herwinbare materiaal. Daarna met ‘n uitbeelding van hoe hul voornemende kêrel moet lyk en toe in ‘n deftige aandrokkie.
Amoré Lindeque het die beoordelaars se harte gesteel met haar sprankelende persoonlikheid, innerlike en uiterlike skoonheid en kreatiwiteit. Sy is onder luide toejuiging gekroon as Mej. Huis Mare van 2021!
Die eerste prinses is Lea Brummer en die tweede prinses is Kyla Oosthuizen.
Lees meer oor Hoërskool Nelspruit: