Rising Star Tennis. Primêre Skool Jordania in Bethlehem se eerste meisies tennisspan het, tydens die Rising Star Tennis Toernooi, tweede geëindig in die Vrystaat. Die spanlede is Zané Wessels, Mieke le Roux, Tria-Mari Strydom en Juané Loubser. Die toernooi het die afgelope naweek in Bloemfomtein plaasgevind. Hierdie skitterende spannetjie van Bethlehem het verloor in ‘n “tie break” in die finaal teen Primêre Skool Oranje van Bloemfontein se A-span.
Die ander Jorries wat deelgeneem het aan die toernooi is 0/9 Karmi Verster – 16de, 0/10 Ruhan Cilliers – 29ste, 0/10 Jandré Esterhuyse – 33ste, 0/14 Gerhard Bossert – 13de, 0/13 Emmelize Lamprecht – 50ste.
Skitterend, Jorries!
#jorrietrots
Lees meer oor Jorries: