Fair Cape Netbaltoernooi. Oranje se 1ste netbalspan is vir die tweede jaar ná mekaar die kampioen van La Rochelle se Fair Cape Netbaltoernooi in die Paarl.
Oranje het Saterdag vir La Rochelle in die eindstryd met 24-21 gewen. Sake was teen halftyd gelykop, maar ’n puik 3de kwart (9 doele teenoor 2) het die wedstryd in OMS se guns geswaai.
Marguerite Cronjé van Oranje is aangewys as die Speler van die Toernooi.
Die o.19A netbalspan van Oranje het in die laaste nege eindstryde van alle kompetisies, wat hul sedert 2019 gehaal het, telkens aan die wenkant geëindig. Die span staan nou op 22 seges; 1 gelykop en 1 verloor vir 2024.
Uitslae behaal:
- Oranje wen 23-20 teen La Rochelle
- Wen 41-13 teen Hoërskool Parel Vallei
- Wen 35-11 teen Hoërskool Kemptonpark
- Wen 38-16 teen Hoërskool Waterkloof
- Wen 35-25 teen Montana
- Wen 34-30 teen Junior Maties
- Wen 34-28 teen Bloemhof Meisieskool
- Wen 37-24 teen Hoërskool Montana (halfeind)
- Wen 24-21 teen La Rochelle (eindstryd)
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf