Op Saterdag 27 Oktober het die jaarlikse Mpumalanga SANESA prysuitdeling op Badplaas plaasgevind.Ā Walter van der Walt, graad 8 EHS-leerder, is aangewys as die Victor Ludorum vir HoĆ«rskole Ruiters.
Surika Struwig, ook ān graad 8 EHS-leerder, het die prys ingepalm vir die Victrix Ludorum vir HoĆ«rskole-ruiters. Sy het ook die trofee gewen vir die meeste punte by die Mpumalanga Nasionale vir HoĆ«rskole-ruiters.
Margha Greyling (graad 9) het, ten spyte van ān erge val tydens Mpumalnga Nasionale, steeds aangehou met deelname.
As gevolg hiervan ontvang Margha ān spesiale prys vir dapperheid. Sy ontvang ook twee trofeĆ« vir onderskeidelik die beste ruiter in Prex Caprilli en die beste ruiter in Equitation.
Surika en Margha kry elkeen ān trofee vir Handy Hunter.
Surika, Margha en Walter wen die kategorie vir die beste HoĆ«rskool en verower vir EHS ān besondere sesde plek in Suid-Afrika!
Baie geluk aan die ruiters.
Die Erries is besonder trots op julle.