VandrƩ Swart, Lusanti Brundyn, Jenna Lewis, Lana Grobler en BernƩ de Kock van Hoƫrskool Ermelo het tussen 25 Junie en 5 Julie 2018 in Pretoria die Beeldskool bygewoon.
Die klasse was deur Mnr. Johan Mitton by TUKS aangebied en dit het onder andere gehandel oor graad 11 hersiening en die graad 12-silabus in spesifieke vakgebiede. Die klasse is hoofsaaklik ter voorbereiding vir die rekord- en eindeksamen gehou.
Die eerste week het die leerders Wiskunde behandel en die tweede week Fisiese Wetenskap.
āMnr. Mitton se aanbieding was puik gewees en ek sal Beeldskool vir enige leerling aanbeveel. Ek is seker almal sal saamstem dat ons baie hieruit geleer het. Ons het geskaterlag vir Mnr. Mitton se humor!ā sĆŖ Lusanti.
Daar is ‘n groot verskeidenheid van vakke wat aangebied word en daar is selfs onderwysers wat die klasse bywoon. Dit was baie goeie bloodstelling gewees vir die leerders waar hulle ook ‘n bietjie insig oor studentelewe op die kampus kon ervaar.
Foto bo (vlnr):Ā BernĆ© de Kock,Ā Jenna Lewis enĀ Lusanti Brundyn
Foto onder:Ā Lana Grobler (links) enĀ VandrĆ© Swart (regs)