)

Erries woon Beeldskool by!

Vandré Swart, Lusanti Brundyn, Jenna Lewis, Lana Grobler en Berné de Kock van Hoërskool Ermelo het tussen 25 Junie en 5 Julie 2018 in Pretoria die Beeldskool bygewoon.

Die klasse was deur Mnr. Johan Mitton by TUKS aangebied en dit het onder andere gehandel oor graad 11 hersiening en die graad 12-silabus in spesifieke vakgebiede. Die klasse is hoofsaaklik ter voorbereiding vir die rekord- en eindeksamen gehou.

Die eerste week het die leerders Wiskunde behandel en die tweede week Fisiese Wetenskap.

“Mnr. Mitton se aanbieding was puik gewees en ek sal Beeldskool vir enige leerling aanbeveel. Ek is seker almal sal saamstem dat ons baie hieruit geleer het. Ons het geskaterlag vir Mnr. Mitton se humor!” sê Lusanti.

Daar is ‘n groot verskeidenheid van vakke wat aangebied word en daar is selfs onderwysers wat die klasse bywoon. Dit was baie goeie bloodstelling gewees vir die leerders waar hulle ook ‘n bietjie insig oor studentelewe op die kampus kon ervaar.

Foto bo (vlnr): Berné de Kock, Jenna Lewis en Lusanti Brundyn

Foto onder:  Lana Grobler (links) en Vandré Swart (regs)

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal