)

ATKV Toneelslypskool aangebied by EHS: groot sukses!

Hoërskool Ermelo het die voorreg gehad om van 2-4 Julie 2018 gasheer te speel vir ‘n ATKV Toneelslypskool.

Die slypskool is deur Mari Borstlap en Ira Blanckenberg (welbekende aktrise, regisseur en vrou van die akteur Waldemar Schultz) aangebied met die oog op die naderende ATKV Tienertoneeluitdunne.

Regisseurs en jong, aspirant akteurs en aktrises van Lydenburg, Piet Retief, Volksrust, Hendrina, Ermelo en selfs so ver as Ellisras en Pretoria het die kursus bygewoon.

Daar is gekyk na verskillende aspekte van regie, spel en spelleiding. Deur middel van interaktiewe lesings en praktiese aktiwiteite is die regisseurs gelei om ‘n dieper begrip te vorm oor die essensiële komponent van regie. Hulpmiddels is ontvang waarmee spelers bygestaan kan word om volronde karakters te skep; ritme, vloei, invalle en klimakse te verstaan; teksanalise te doen; asook hoe om hul eie karakterenergie en spraakritme te behou.

Die leerders is wysgemaak hoe om hul liefde vir toneelspel uit te leef. As spelers is hul gelei om onder andere karakterisering, teksontleding, stemgebruik, lyftaal, energie, tempo en ritme te verstaan en toe te pas op die verhoog.

Waar ‘n spul regisseurs en aspirantakteurs bymekaar is, kan die atmosfeer niks anders as elektries-kreatief belaai wees nie! Dit was ‘n ervaring vir die boeke waar nuwe vriendskappe en netwerke ook gevorm is.

Groot dank aan Lizané Basson (organiseerder van die ATKV) vir hul puik reëlings. Hoërskool Ermelo se deelnemers (Zara Büchling, Baruch Büchling & Dané Thirion) kan nie wag om alles wat hul geleer het oor vier weke op die verhoog in werking te gaan stel nie!

ATKV Tienertoneel – hier kom die Erries!

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal