HoĆ«rskool Ermelo het die voorreg gehad om van 2-4 Julie 2018 gasheer te speel vir ān ATKV Toneelslypskool.
Die slypskool is deur Mari Borstlap en Ira Blanckenberg (welbekende aktrise, regisseur en vrou van die akteur Waldemar Schultz) aangebied met die oog op die naderende ATKV Tienertoneeluitdunne.
Regisseurs en jong, aspirant akteurs en aktrises van Lydenburg, Piet Retief, Volksrust, Hendrina, Ermelo en selfs so ver as Ellisras en Pretoria het die kursus bygewoon.
Daar is gekyk na verskillende aspekte van regie, spel en spelleiding. Deur middel van interaktiewe lesings en praktiese aktiwiteite is die regisseurs gelei om ān dieper begrip te vorm oor die essensiĆ«le komponent van regie. Hulpmiddels is ontvang waarmee spelers bygestaan kan word om volronde karakters te skep; ritme, vloei, invalle en klimakse te verstaan; teksanalise te doen; asook hoe om hul eie karakterenergie en spraakritme te behou.
Die leerders is wysgemaak hoe om hul liefde vir toneelspel uit te leef. As spelers is hul gelei om onder andere karakterisering, teksontleding, stemgebruik, lyftaal, energie, tempo en ritme te verstaan en toe te pas op die verhoog.
Waar ān spul regisseurs en aspirantakteurs bymekaar is, kan die atmosfeer niks anders as elektries-kreatief belaai wees nie! Dit was ān ervaring vir die boeke waar nuwe vriendskappe en netwerke ook gevorm is.
Groot dank aan LizanĆ© Basson (organiseerder van die ATKV) vir hul puik reĆ«lings. HoĆ«rskool Ermelo se deelnemers (Zara BĆ¼chling, Baruch BĆ¼chling & DanĆ© Thirion) kan nie wag om alles wat hul geleer het oor vier weke op die verhoog in werking te gaan stel nie!
ATKV Tienertoneel – hier kom die Erries!