Daar is heelwat leerders van Hoƫrskool Ermelo wat gedurende die vakansie aan verskeie Mpumalanga- en Bokkieweek-toere deelgeneem het en hulle besonder goed van hul taak gekwyt het.
Rugby:
Die o/14-bokkiespan kon ongelukkig net een van hul wedstyde wen. Hendrik de Beer is as man van die wedstryd gekies tydens een van hulle wedstryde. Frikkie de Winnaar is aangewys as die voorspeler van die week vir die Hoƫveldspan. Billy van der Walt is gekies as beste voorspeler, asook algehele speler van die Hoƫveldspan. Walter van der Walt is gekies vir die uitnodigingspan wat op Saterdag 14 Julie teen die Duikers gespeel het. Die Hoƫveldspan het ongelukkig hierdie wedstryd verloor.
Die o/15A-Pumaspan wen hulle toernooi en CornƩ Jansen van Rensburg word as speler van die wedstryd aangekondig tydens een van hul wedstryde. Die o/15B-Pumaspan wen drie wedstryde en die o/16 Grant Khomo-span wen slegs een uit hulle drie wedstryde. Die o/17 Pumas-Plattelandspan wen drie uit hul vier wedstryde. Die o/18-Akademieweek-span verloor ongelukkig al drie hul wedstryde en die o/18 Craven Week-span wen slegs een uit hul drie wedstryde.
Seunshokkie:
Gedeon Boersema en Christian Venter was deel van die o/15-HoĆ«veld bokkiespan wat 2 tot 7 Julie in Naboomspruit deelgeneem het.Ā Die span het derde in die toernooi geĆ«indig en Gedeon het ses doele tydens die toernooi geskiet.
EHS het hierdie jaar ses spelers in die o/19-HoĆ«veld bokkiespan!Ā Adriaan Olivier, Daniel van der Merwe, Rikus Cilliers, Dolfie le Grange, Willie Harmse en Dewald de Villiers het aan die Bokkieweek te Naboomspruit vanaf 30 Junie tot 6 Julie deelgeneem.Ā Uit die ses wedstryde het die span drie gewen, twee verloor en een gelykop gespeel.Ā Dewald de Villiers is in die o/19-Gazelle span ingesluit.
Tristen KĆ¼sel is vir die o/16B-Mpumalanga hokkiespan ingesluit.Ā Die span het vanaf 23 tot 26 Junie aan `n toernooi in Durban deelgeneem.
Edrich Beyer het vanaf 8 tot 12 Julie vir die 0/14B-Mpumalangahokkiespan aan die o/14B-āNorth Festivalā by Jeppe HoĆ«rskool deelgeneem.Ā Die span het 7 wedstryde gespeel waarvan hulle vyf gewen het, een gelykop gespeel het en een verloor het.Ā Die span eindig tweede in die toernooi!
Dogtershokkie:
Die Bokkieweek Toernooi vir Dogtershokkie het plaasgevind vanaf 2 tot 6 Julie gespeel in Naboomspruit. Twaalf spanne neem aan die toernooi deel waar agt wedstryde in vier dae gespeel word. 14 spelers word uit hierdie twaalf spanne gekies vir die SA-Bokkiespan.
Die o/14-bokkiespan eindig algeheel vyfe uit dertien streke. Die o/16-bokkiespan eindig algeheel sewende uit 18 spanne. Die o/18-bokkiespan tree as wenners uit die toernooi.
Die Erries is besonder trots op Klarissa Joubert, o/18-hokkiedogter van EHS, wat tydens die toernooi gekies is vir die SA-Bokkiespan wat 1 Oktober tot 10 Oktober na Rusland sal toer, asook Surika Struwig, o/14-hokkiedogter van EHS wat gekies is vir dje o/14-Duikerspan vir SA-Bokkies wat in Oktober na Paarl toer.
Die o/16B-Mpumalangaspan eindig sesde in die toernooi en Lana Herholdt speel vir die span.
Lydia Landman, Nicole van der Merwe, SimonĆ© Ferreira en DanĆ© du Plessis het die o/18A-Mpumalangaspan verteenwoordig. DiĆ© span eindig twaalfde na ān moeilike toernooi.
Drie Erries; Kyla Grobler, RuanĆ© Huber en Nicole Venter het die Mpumalanga o/18B-span verteenwoordig tydens ān toernooi in Potchefstroom vanaf 2-6 Julie. Die Erries het hulle baie goed van hulle taak gekwyt en diĆ© span het as wenners uit die toernooi getree.
Netbal:
LuchĆ” van Eck en Madison Botha het aan die o/19-Netbal Bokkieweek te Naboomspruit deelgeneem en hul span eindig algeheel agtste.
Amy Greyling het die 0/16A-Mpumalanga-netbalspan verteenwoordig tydens die Suid Afrikaanse skole netbalkampioenskappe wat plaasgevind het van 2-6 Julie te Sun City. Amy is ook gekies as onderkaptein van die span. Hulle eindig negende uit 22 spanne. DiƩ span is die enigste span wat KZN geklop het wat die toernooi gewen het.
Die Erries het oor die algemeen pragtige sport gespeel en die EHS se naam hoog gehou. Baie geluk aan elke speler wat die eer gehad het om aan die verskeie toernooie deel te neem en uitstekend te presteer. Die Erries is trots op julle!
Foto bo: RuanƩ Huber; Kayla Grobler en Nicole Venter