Hoërskool Ermelo is opgewonde om twee nuwe onderwysstudente by EHS te verwelkom vir hul proeftydperk wat tot4 Mei strek.
Leandri van der Merwe (regs op foto) en Carla Lourens (links op foto) is beide studente van die Noordwes Universiteit van Potchefstroom, onderskeidelik derde- en tweedejaar. Albei studeer B. Ed Senior en VOO.
Leandri se hoofvakke is Wiskunde en Lewenswetenskappe. By die Erries is sy betrokke by graad 10 Wiskunde. Carla fokus op Rekeningkunde as vak, maar is by graad 8 en 9 se Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe betrokke vir haar tydperk by EHS.
“EHS beïnvloed my positief vanaf dag een! Die personeel is fantasties – almal verwelkom jou en vra belangstellend uit. Ek voel welkom, gelukkig en gemotiveerd vir die tydperk wat ek betrokke gaan wees by die Erries. Ek sien uit daarna om nuwe dinge te leer en uitdagings te hanteer,” sê Leandri met ‘n glimlag.
Carla het onmiddellik ‘n baie rustige en warm atmosfeer beleef by die Erries. Sy voel, soos Leandri, welkom en gemaklik. “Hierdie is beslis ‘n skool wat vir mekaar omgee,” het sy gesê.
Die Erries sien uit daarna om die tydperk wat voorlê saam met hulle te stap en wens die jong dames alle sterkte toe.
Become a Sponsor









