Op Saterdag 24 Maart 2018 het Hoërskool Ermelo wintersport teen Midstream College gespeel op hulle velde in Centurion. Die Erries het hard gespeel en ware Errie-guts getoon.
Die Erries het pragtige netbal gespeel. Die 0/15B en 0/17A verloor onderskeidelik met slegs een punt na wedstryde wat die toeskouers op die punt van hul stoele gehad het.
Die tweedespan wen OORTUIGEND en lewer skitterende netbal! Die Hoërskool Ermelo Calstar Eerste-netbalspan se spel word gekenmerk aan pragtige spanwerk en uithouvermoë. Die uitslae is as volg:
o/14 A: 7-18
o/14 B: 8-17
o/15 A: 12-21
o/15 B: 10-11
o/16 A: 8-23
o/16 B: 3-12
o/17 A: 19-20
Tweedespan: 31-2
Calstar Eerste netbalspan: 24-26
Netbal:
o/14 A: 7-18
o/14 B: 8-17
o/15 A: 12-21
o/15 B: 10-11
o/16 A: 8-23
o/16 B: 3-12
o/17 A: 19-20
Tweedespan: 31-2
Calstar Eerste netbalspan: 24-26
Dogtershokkie:
o/14 A: 7-1
o/15 A: 3-1
o/16 A: 1-0
Calstar Eerste hokkiespan: 3-1
Seunshokkie:
o/16: 1-0
Eerstespan: 1-8
Die dogtershokkie presteer uitstekend en spog met 14 doele vir en 3 teen vir die dag. Al die dogtershokkiespanne het gewen. Hier volg die uitslae: o/14A-span wen 7 – 1. Hierdie jong spannetjie ontwikkel meer en meer met elke wedstryd. Baie geluk aan Danel Olivier en Caylin Loock wat elk twee doele aangeteken het, Elandri Swart, Jenna Oosthuizen en Carla Ferreira slaan elkeen een doel vir die span. Die o/15A-span wen 3 – 1. Geluk aan Chané Bester, Amoné de Beer en Mpho Mashela wat elk een doel aanteken. Die o/16A-span speel aanskoulike hokkie met pragtige spel wat hulle speel. Baie geluk aan Jana Nel wat hierdie span se telling 1 – 0 gemaak het. Die Hoërskool Ermelo Calstar Eerste-hokkiespan het hokkie gespeel wat almal se monde laat oophang het. Samespel en eenheid is die geheim van hierdie span. Hul wen gemaklik met 3 – 1. Baie geluk aan Ansu Klopper, Dané du Plessis en Hanné Swart wat elkeen een doel vir hul span aangeteken het.
Die seunshokkie se uitslae is: o/16A-span speel `n harde wedstryd. Hierdie seuns gee nooit op nie en veg met alles wat hul het tot die einde toe. Baie geluk aan Christiaan Arnoldi wat hierdie span se wendoel aanteken. Hul wen 1 – 0. Ten spyte daarvan dat die seuns hul hart uitgespeel het en nooit gaan lê het nie, het die Eerstespan ongelukkig 8 – 1 verloor. Stefan Kemp teken die Erries se doel aan.
Die rugby het goed presteer in onderskeie wedstryde ter voorbereiding van die liga-wedstryde wat voorlê.
o/14A-span wen 14-7. Tiaan Grobler en Marko Ferreira druk elk ‘n drie en Juan-Paul Labuschagne verdoel beide. Die o/14B-span spog met ‘n wentelling van 29-7. Hendrik de Beer en Msizi Hlope druk elk een drie en Ndumiso Shabangu twee. Daar word ‘n strafdrie toegeken aan die span en Hanico Naudé verdoel een drie. Die o/15A-span verloor ongelukkig 38-8. Die tellingmakers is Willie Boshof met ‘n drie en Günter Badenhorst met ‘n strafskop. o/15B verloor met ‘n telling van 19-7. Lunga Molapisi druk die drie en Zimri Büchling verdoel dit. Die o/16-spanne wen oortuigend met pragtige tellings: die A-span wen 27-0. Rabbie Marsh en Jerome Ngwenya druk elk een drie en Hardus Rothmann spog met drie drieë. Laasgenoemde verdoel ook een drie. Die B-span se eindtelling is 45-5. Linda Ndlovu, Goodman Khumalo en Jacques Potgieter druk elk 2 drieë en Luyanda Mabuza een. André-Dale Groenewald verdoel 5 drieë. Na ‘n harde stryd verloor EHS se tweedespan ongelukkig met ‘n nealbyt-telling van 5-0. Die Hoërskool Ermelo Nashua Highveld Eertse rugbyspan speel pragtige rugby en eindig met ‘n wentelling vir die Erries van 23-14. Eben Jonker en Cornus van den Berg druk elk een drie. Walter Visser verdoel beide en Walter Visser skop drie strafskoppe oor.
Baie geluk aan elke Errie wat hulle alles ingesit het in die wedstryde.
Foto bo: Zara Büchling
Become a Sponsor












