Die groep Erries wat deelgeneem het aan die Hans Storm Memorial-wedloop.
Op Woensdag, 16 Oktober, het ‘n groot groep Erries deelgeneem aan die Hans Storm Memorial-wedloop te Laerskool JJ van der Merwe.
Die EHS-leerders het uitstekend presteer en dit vreeslik geniet. Dit was ‘n groot voorreg om ‘n wedloop te ondersteun wat gehou word ter nagedagtenis van ‘n oud-Errie, Hans Storm.
Luyanda Mabuza (graad 11-Errie) behaal ‘n eerste plek in die junior seuns-kategorie en Caylin Loock (graad 9-Errie) behaal ‘n eerste plek in die junior dogters-kategorie.
Baie geluk aan hierdie atlete wat besonder presteer het en dankie aan elke Errie wat ‘n bydrae lewer tot die Ermelo-gemeenskap.