Die groep Erries by die At Strydom-dramaskool se prysuitdeling.
Op Woensdag, 22 Oktober, het die prysuitdeling van die At Strydom-dramaskool plaasgevind.
Die At Strydom-dramaskool het in Januarie 2019 begin by HoĆ«rskool Ermelo se Ouditorium. Dit is vir die Errie-leerders, asook ān paar leerders van Laerskool JJ van der Merwe en die Christian School, nog ān geleentheid om op die verhoog te verskyn en volgens At is al die leerders besonder begaafd.
Tydens die prysuitdeling is die leerders elkeen vereer met ān medalje en ān sertifikaat, maar ān paar leerders het toekennings vir besondere prestasies gekry:
Desmond Slabberts wen ān trofee vir die beste akteur nasionaal en Lianie Jansen van Vuuren wen ān trofee vir die beste byspeler nasionaal. YanĆ© Broekman ontvang die trofee vir die beste aktrise en die trofee gaan aan Ruan Grobler (JJ van der Merwe-leerder). Johnke Prinsloo ontvang ān trofee as algehele wenner as gevolg van haar deelname aan ān wye verskeidenheid kunstefeeste en items.
Baie geluk aan elkeen wat ān toekenning gekry het. EHS is besonder trots op julle!