Frané Swart
Op Saterdag, 19 Oktober, het Frané Swart, graad 9 leerder van Hoërskool Ermelo, aan ‘n tweede byeenkoms van die “Gauteng Sport for Disabled” deelgeneem by die Universiteit van Johannesburg.
Sy het al drie haar items, 100m, 200m en verspring, se tye en afstand verbeter. Hiermee kwalifiseer sy om in Maart 2020 aan die Nasionale Suid-Afrikaanse kampioenskap vir gestremde atlete deel te neem.
Hierdie is een van Frané se grootste wense wat verwesenlik is.
Baie geluk, Frané! Die Erries se harte bars van trots vir jou! Jy is voorwaar ‘n ster!