Die Spoiings is ‘n trotse bundel van Hoërskool Ermelo wat jaarliks bekendgestel gestel word. Die unieke bundel bevat EHS-leerders se uitstaande stelwerk en, sover bekend, is Hoërskool Ermelo die enigste skool wat aan leerders hierdie unieke geleentheid bied om hul spog-skryfstukke ten toon te stel.
Die takbok op die voorblad van die Spoiings simboliseer die nalatenskap wat die Erries by die EHS los. Vandré Swart, redakteur van dié jaar se bundel, sê: “Nes die Takbok laat ons onbewustelike spore agter vir soveel generasies wat nog kom. Jou bakens kan slegs gevorm word wanneer jy jou eie handewerk daarin agterlaat en jou spore kan slegs gevolg word as dit diep genoeg getrap is.
Jy is net een keer by die EHS – maak seker jy benut dit goed. Maak seker dat elke oomblik ‘n sukses is. Jou wortels bly slegs gewortel as jou hart saam met hulle groei.”
Die Spoiings is net nog ‘n voorbeeld van die Erries wat uitgesonder kan word as ‘n unieke skool, want: “Die EHS is die skool vir my daar is geen ander skool soos hy.”