Nadia Kluyts, graad 9-leerder van Hoërskool Ermelo, was lid van die o/15-snelbal Bokkies gedurende die September-vakansie. Nadia is ook as kaptein van die span gekies.
Cornus van den Berg, graad 11-leerder van EHS, is tydens die Bokkieweek in die September-vakansie gekies vir die uitnodigingspan vir die o/19-7’s Rugby-Bokkiesan.
Baie geluk aan hierdie Erries wat ook EHS se naam hoog hou!