Hoërskool Ermelo het 2 Maart teen Hoërskole Witteberg en Bethlehem Voortrekker Hoërskool te staan gekom in Bethlehem.
EHS het voorwaar hul man gestaan en pragtige sport gespeel.
Die netbal se uitslae is as volg:
o/14A wen 17-13, o/14B wen 28-11, o/15A verloor 9-19, o/15B verloor 3-15, o/16A verloor 16-34, o/16B wen 11-2 en Hoërskool Ermelo Calstar Eerste netbalspan verloor 15-36.
Die dogtershokkie se wedstryde is op Bethlehem Voortrekker Hoërskool se astro, sowel as op die grasbaan van Hoërskool Witteberg gespeel. Die o/14’s wen hul eerste astrowedstryd teen Hoërskool Voortrekker gemaklik met 5 – 1. Jaclyn Venter slaan drie doele met Nathalie Nel en Simoné Jacobsz het elk een doel aangeteken.
Die o/15A-span speel teen BVHS se o/16A-span en verloor 3 – 2. Chloë van Wyngaardt en Surika Struwig teken dié span se doele aan.
EHS se o/16A-span speel pragtige hokkie op die grasveld van Hoërskool Witteberg en loop 2 – 0 voor tot 15 minute voor die einde van die wedstyd. Hoërskool Witteberg veg terug en die eindtelling is 2 – 2.
Die Erries se tweede span stel nie teleur nie en wen 3 – 0 met uitstaande hokkie. Sunelle de Bruyn, Jani Hattingh en Meghan Houy teken hierdie span se doele aan.
Hoërskool Ermelo Calstar Eerstespan dogtershokkie het twee harde wedstryde gespeel. Hulle speel teen beide Hoërskool Voortrekker en Hoërskool Witteberg en verloor albei wedstryde 4 – 2
Die eerstespan seunshokkie het hulle eerste voorseisoenwedstryd teen Hoërskool Witteberg gespeel. Alhoewel dit ‘n baie jong span is, het hulle ongelooflike Errie-guts getoon.
Die eerste helfte het Adriaan Olivier ‘n doel geskiet vanaf ‘n “penalty flick”. Halftyd was EHS 1 – 3 agter. Tydens die tweede helfte het Charis Brundyn en Adriaan Olivier elk ‘n doel aangeteken en dit besorg dié span ‘n eindtelling van 3 – 4.
EHS se rugbyspanne doen oor die algemeen uitstekend met pragtige tellings:
Die o/14A-span verloor ongelukkig met 39-5 en Pieter Jacobs druk hierdie span se drie.
Die o/15A-span wen met 22-24. CJ van Huyssteen, Msizi Nhlophe en Diederik van der Walt druk elk ‘n drie. Laasgenoemde druk ook ‘n strafdrie en verdoel een drie.
EHS se o/16A-span wen met ‘n besondere telling van 43-17. Corné Janse van Rensburg druk drie drieë, Lourens Erasmus druk twee en Wonderboy Mnisi en Lunga Cindi druk elk een drie. Günther Badenhorst verdoel vier drieë.
Die tweedespan speel ‘n harde wedstryd, maar tree ook as oorwinnaars uit die stryd met ‘n eindtelling van 12-5. Tino Chigede druk twee drieë vir dié span en Zuzu Mabuza verdoel een.
Hoërskool Ermelo se eerstespan wedstryd was die hoogtepunt van die dag en EHS wen die wedstryd met 27-14.
Die drieë word gedruk deur Mthandeni Thomo, Mitchelson Mkhwanazi, Francios du Plessis en Herman Moolman. Walter Visser verdoel twee drieë en skop een strafskop oor.
Baie geluk aan die spanne wat gewen het. EHS is trots op elkeen en sien uit na die volgende wedstryde.
Photo above: Mitchelson Mkhwanazi