Erries Seunshokkie. Op Woensdag, 2 Maart, het Hoërskool Ermelo se seunshokkiespanne vriendskaplike wedstryde teen Hoërskool Oosterland gespeel. Hierdie wedstryde is gereël ter voorbereiding van die ligawedstryde wat volgende week begin. Die eerste- en onder 16-span is besig om die spanne vir die seisoen te finaliseer.
Die 016 Erries seunshokkie span speel gelykop 1-1. Ruan Ludwig het EHS se doel geskiet.
Die eerste span wen 2-1. CJ van Huyssteen en Carel Jacobsz het EHS se doele geskiet.
Op 9 Maart sal die seunshokkieliga begin, en EHS sal die seisoen teen Hoërskool Secunda afskop.
Sterkte, Erries!
Foto’s verskaf
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za