Op Saterdag 24 Februarie 2018, het Hoƫrskool Ermelo, onder leiding van die Errieraad-ouers, die jaarlikse Gholfdag gehou.
Dit was ān groot sukses en sonder elkeen se ondersteuning sou die Erries dit nie kon doen nie. Dankie aan elke speler, ondersteuner en borg wat deel was van die dag se sukses! Spesiale dank aan die hoofborg, Agri Benodigdhede wat die Erries ruimhartig en rotsvas ondersteun!
Saam met al die lag en geselligheid is daar ān hele paar pryse ook uitgedeel. Meyer Mentz en Marius Botha stap weg met die eerste prys. Bennie Kriel en Heinrich Potgieter word as naaswenners aangewys en Vosjan Grey en DaniĆ«l Mulder stap weg met die derde plek! Baie geluk met elkeen wat ān prys gewen het!
Die gholfdag is weereens ān bewys van die Errie-ouers en gemeenskap se betrokkenheid by die EHS.
Foto heel bo:Ā Ā Die wenners van die dag; Marius Botha (links) en Meyer Mentz (regs) saam met die Erries se hoof, mnr. Pieter Grobler (middel)