)

Erries se gholfdag: Prettige sukses!

Op Saterdag 24 Februarie 2018, het Hoërskool Ermelo, onder leiding van die Errieraad-ouers, die jaarlikse Gholfdag gehou.

Dit was ‘n groot sukses en sonder elkeen se ondersteuning sou die Erries dit nie kon doen nie. Dankie aan elke speler, ondersteuner en borg wat deel was van die dag se sukses! Spesiale dank aan die hoofborg, Agri Benodigdhede wat die Erries ruimhartig en rotsvas ondersteun!

Saam met al die lag en geselligheid is daar ‘n hele paar pryse ook uitgedeel. Meyer Mentz en Marius Botha stap weg met die eerste prys. Bennie Kriel en Heinrich Potgieter word as naaswenners aangewys en Vosjan Grey en Daniël Mulder stap weg met die derde plek! Baie geluk met elkeen wat ‘n prys gewen het!

Die gholfdag is weereens ‘n bewys van die Errie-ouers en gemeenskap se betrokkenheid by die EHS.

Foto heel bo:  Die wenners van die dag; Marius Botha (links) en Meyer Mentz (regs) saam met die Erries se hoof, mnr. Pieter Grobler (middel)

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal