Hoërskool Ermelo se 7’s-rugbyspan het op 14 en 15 September deelgeneem aan die Noordvaal 7’s-rugbytoernooi wat deur Hoërskool Menlopark aangebied is. Baie topskole se 7’s-rugbyspanne het om die titel geveg.
Die Erries het die toernooi goed begin met oorwinnings teen Hoërskool Ben Vorster van Tzaneen en Hoërskool Hugenote van Springs. Die tellings was onderskeidelik 31-26 en 33-24. Daarna het die Erries vasgeval teen Hoërskool Garsfontein, Dr. EG Jansen en laaste teen Hoërskool Transvalia.
Daar was nie ‘n uitspeelwedstryd vir sewende plek nie. EHS het egter die beste gevaar uit al die Mpumalanga-skole.
Die Erries is baie trots op hierdie seuns wat so goed gevaar het met die 7’s.
Foto bo: Johan Nel en agter hom is Cornus van den Berg
Foto links: Herman Moolman
Foto links: Johan Nel










