Hoërskool Ermelo se tweede krieketspan het op Donderdag, 2 Augustus, kragte gemeet teen Highveld Park, Secunda, in die tweedespan-liga. Highveld Park het eerste gekolf en 203 vir 6 aangeteken in hul 20 beurte. Boulers wat uitgestaan het is Stefan Potgieter met 2/11 in sy vier boulbeurte en Tyron Dewar met sy boulsyfers van 2/22 in sy vier boulbeurte. Die Erries steek die telling verby in die veertiende boulbeurt met Tyron en Stefan wat weereens uitblink met onderskeie tellings van 88 n.u.n. en 83 n.u.n. Die Erries wen die wedstryd met nege paaltjies.
Baie geluk aan hierdie span. EHS is trots op julle.
EHS se dogterskrieket het op Vrydag, 3 Augustus, teen Hoërskool Secunda gespeel.
Die Erries wen die loot en kolf eerste. Hulle teken 72 lopies aan met Renél Swanepoel as die beste kolwer met haar 32 lopies. Secunda slaag daarin om die telling verby te gaan met goeie kolfwerk en wen die wedstryd.
Die Erries se Eerstekrieketspan het Saterdag, 4 Augustus, hul eerste wedstryd in vanjaar se liga teen Hoërskool Standerton gespeel.
Op ‘n dag wat die wind ‘n groot faktor in die wedstryd sou speel, het die Erries se kaptein, Stefan Kemp, die loot gewen en Hoërskool Secunda gevra om eerste te kolf.
Uitstekende boulwerk het gesorg dat die tuisspan gesukkel het om ‘n goeie lopie-tempo te bou en het met gereelde intervalle paaltjies verloor. SHS slaag daarin om 181 lopies, almal uit, in 43 beurte aan te teken. Boulers wat uitstaan vir die Erries was Stefan Kemp (2-20 van 10 beurte) en Luke Bulford (2-18 van 5 beurte).
Op hul beurt kon die Erries slegs 152 lopies aanteken wat beteken dat hul die wedstryd met 30 lopies verloor. Met die kolf was dit slegs Kemp wat ‘n merkwaardige bydrae gelewer het van 85 lopies.
Die Erries se volgende wedstryd is tuis op 18 Augustus teen Hoërskool Hoogenhout.