Gedurende die vakansie het ‘n aantal seuns van Hoërskool Ermelo aan die Bokkietoer vir 7’s Rugby deelgeneem.
Die Erries het hul man gestaan en die EHS uitstekend verteenwoordig.
Drie van die Erries was kapteine vir die toernooi: Diederik van der Walt (o/14), Luke Bulford (o/16) en Gejhan Thyssen (o/18).
Na die toernooi is drie van EHS se spelers gekies vir die SA-Bokkiespan vir 7’s Rugby: Ignus Ferreira en Tiaan Grobler in die o/14-span en Willie Greyling in die o/18-span. Dié seuns toer gedurende Desember in Argentinië. Marko Ferreira (o/14) is gekies vir die uitnodigingspan.
Die volgende seuns was deel van die Bokkies se o/18-krieket-toernooi: Danie Theron, Baruch Büchling en Jacques Erlank. Hierdie seuns speel uitstekend en hou só ook die Erries se naam hoog.
Baie geluk aan hierdie Erries. EHS is trots op julle!