)

Erries presteer tydens Bokkie-toernooie!

Gedurende die vakansie het ‘n aantal seuns van Hoërskool Ermelo aan die Bokkietoer vir 7’s Rugby deelgeneem.
Die Erries het hul man gestaan en die EHS uitstekend verteenwoordig.

Drie van die Erries was kapteine vir die toernooi: Diederik van der Walt (o/14), Luke Bulford (o/16) en Gejhan Thyssen (o/18).

Na die toernooi is drie van EHS se spelers gekies vir die SA-Bokkiespan vir 7’s Rugby: Ignus Ferreira en Tiaan Grobler in die o/14-span en Willie Greyling in die o/18-span. Dié seuns toer gedurende Desember in Argentinië. Marko Ferreira (o/14) is gekies vir die uitnodigingspan.

Die volgende seuns was deel van die Bokkies se o/18-krieket-toernooi: Danie Theron, Baruch Büchling en Jacques Erlank. Hierdie seuns speel uitstekend en hou só ook die Erries se naam hoog.

Baie geluk aan hierdie Erries. EHS is trots op julle!

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal