)

Errie-skuts staan uit by SA’s

Vier van Hoërskool Ermelo se skuts het vanaf 1 tot 4 Oktober aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe te New Castle deelgeneem waar hul Mpumalanga verteenwoordig het. Daar was altesaam 428 skuts wat in verskillende klasse deel geneem het.

Die Erries het almal in die luggeweer sporter-geweerafdeling geskiet. Ten spyte van die uiterste weerstoestande het die Erries baie goed geskiet.

Reinhardt Vorster, graad 11-leerder van die EHS het in die o/21-afdeling die 10m 400-staankompetisie gewen. Pieter de Beer (L/S JJ van der Merwe) was lid van die provinsie se o/14A-span wat ‘n brons medalje verwerf het. John-Henri van Zyl, graad 11-leerder van EHS het sy persoonlike beste telling geskiet.

Mpumalanga het baie goed gevaar. Die o/14A-sporterspan was derde en die o/16A’s het tweede geëidig. Mpumalanga het as provinsie in die sporter-, sowel as die veerklas, tweede geëindig.

Die tellings wat geskiet is, is as volg: o/21: Reinhardt Vorster 1416 en John-Henri van Zyl 1376 (pb); o/16: Drean van Breda 1351 en o/14: Pieter de Beer 1271.

Baie geluk aan hierdie Erries. EHS is besonder trots op julle!

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal