)

Errie by nasionale jeugskou 2018

Divan Lourens, graad 12-leerder van EHS, het gedurende die Oktobervakansie die Erries verteenwoordig as een van Mpumalanga se Jeugskouleerders.

Die toer het afgeskop met ‘n busrit vanaf Johannesburg na George op Saterdag 29 September. Die Sondagoggend het die leerders geregistreer en ‘n laaste geleentheid gehad om hulle diere reg te kry voor die amptelike skou begin.
Divan Lourens het in die senior Konyn-afdeling geskou.

Op Maandag 1 Oktober het die leerders toets geskryf waar hulle kennis oor hulle diere getoets is. Vrae oor verskillende rasse, siektes, pels-gebruike, ens. word gevra. Die leerder moet sy dier kén.

Op Dinsdag 2 Oktober was dit tyd vir was en voorbereiding van die dier. Hier moet die leerder sy dier skoubaar maak sodat die skouman met ‘n skoon dier die beoordeelaars kan oortuig dat hy sy dier ken en weet hoe om hom netjies en skoon te hou.

Die laaste kans wat die leerders gekry het om punte bymekaar te maak was met die skouman-rondte. Hier gaan dit oor hoe goed die leerder sy dier kan hanteer. Regdeur die skou, met al drie afdelings, word die leerder beoordeel. Die diere kry nie punte nie, maar die leerder moet sy dier kan skou.

Op Donderdag 4 Oktober het die leerders die geleentheid gekry om ook die Wes-Kaap se natuurlike skoonheid te geniet. Die leerders het die dag op die strand van Victoriabaai geniet voordat hulle weer die pad terug Johannesburg toe moes aandurf.

Divan het ‘n algehele 6de plek in die senior Konyn-afdeling vir Mpumalanga gekry.

Die Erries is trots op jou Divan, dankie dat jy jou Errie-maniere onthou het! Jy maak ons trots.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal